Februarie 2022 |
|
Ons is besig met die volledige restourasie en opbou van die
orrel in die Cathedral van Bloemfontein
Foto>
|
|
Junie 2021 |
|
Nu te beluister op
|
|
Augustus 2020 |
|
-Prins-orrel word
vergroot en gaan na Clan-William.
Info>
-Ons begin met
tekenwerk vir ‘n nuwe meganiese orrel met 22 registers.
Info>
-Biskop-kisorrel is
voltooi.
-Groot 3 manuaal en
pedaal orrel deur omstandighede uitgestel maar nie afgestel
nie.
|
|
Julie 2020 |
|
Ons het begin met die restourasie van die Sauer orrel in
Heidelberg
foto's >
|
|
Januarie 2020 |
|
Orgue de Salon opgebou in nuwe tuiste |
|
|
|
December 2019 |
|
Die Roeleveld orrel verhuis van Springs na Panbult, ons is
tans besig met 'n nuwe Holtz Prinzipal 8' vir die pedaal en
met die onderdele vir die orrelkas aanpassings. Orrel word
D.V. Februarie opgebou in die kerk
foto's > |
|
|
|
Vir die orrel in die NG kerk Winburg
sal ons 'n nuwe windlaai bou vir die 12 registers op die
Hoofwerk. 'n elektriese sleeplaai vir vervanging van die
huidige windlaai wat baie probleme gee.
|
|
Julie 2019 |
|
Roeleveld orrel met 14 registers gaan
deur ons opgebou word in 'n nuwe tuiste. Ons sal die
orrelkas vergroot aan die agterkant en die keilbalg langs
die orrel plaas. Verder is hierdie orrel 'n pragtige
instrument, dit was een van Roeleveld se laaste orrels wat
hy in Suid-Afrika gebou het.
|
|
Junie 2019 |
|
Ons het opdrag gekry vir die bou van ‘n nuwe 3 manuaal en
pedaal orrel met 44 registers rein meganiese aksie.
Binnekort meer nuus |
|
|
|
Nuwe CD
Orrelfees
Jan Elsenaar en Martin Mans |
NU beskikbaar!
Prys:R200
per CD,
verpakking en geregistreerde pos inclusief
Bestellings: stuur e-pos na Marianne Elsenaar
elsenaarm@gmail.com |
|
|
|
|
Video |
Gereformeerde Gemeente Colesberg |
|
Psalm 84 - Jan Elsenaar |
|
|
Mei 2018 |
info > |
Ons bou ‘n kisorrel vir pastor
Johannes uit Wartburg
Die orrel sal as begeleidingsinstrument gebruik word en daar
kom ‘n Holtzgedacht 8’ op die orrel.
Die pype word gemaak van Cederhout, en die orrel sal verder
geheel van Eikehout gemaak word.
Ons maak die klawers ook self, met rooshout-beleg op die
ondertoetse en geelhout op die botoetse.
Die winddruk sal 45 mm wees en die orrel is so kompak gebou
dat dit maklik vervoer kan word.
Pastor Johannes tree bykans by al ons nuwe projekte op as
adviseur en keurmeester.
Dis is vir ons dan ook ‘n voorreg om die orrel vir hom te
mag bou.
|
|
|
Februarie 2018 |
info > |
Ons nuutste projek is 'n nuwe
meganiese orrel vir Wittenberg
|
December 2017 |
|
Marinus Elsenaar doen sy opleiding as
orrelbouer by sy Pa Jan Elsenaar |
|
|
|
Prinses-orrel word binnekort
opgebou in ‘n residensie in Natal |
|
|
November 2017 |
|
Ons het begin met die bou van ‘n
kisorrel vir ‘n orrelis uit Natal
|
Oktober 2017 |
|
Ons het begin met groot
herstelwerk en nuwe orrelaansig vir Geref Bloemfontein-Noord |
|
Oktober 2016 |
foto's > |
Die Roeleveld orrel uit 1983
gaan verhuis na Natal, Protea Orrelbouers sal hierdie
werksaamhede verrig DV 2017
|
|
|
Mei 2016 |
info > |
Ons het begin met die bou van ‘n
nuwe meganiese pyporrel vir Natal
|
Februarie 2016 |
|
D.V Vrydag 19
Februarie 19:00 bekendstellings-konsert op nuwe pyporrel
Anglicaanse kerk Waterkloof-Pretoria.
Jan Elsenaar
demonstreer die nuwe orrel en speel ‘n aantal improvisasies.
Almal hartlik welkom!
|
Augustus 2015 |
|
Toekomstige bou van ‘n nuwe
meganiese pyporrel vir Natal |
|
|
Januarie 2015 |
info > |
Vanaf
Januarie 2015 het ons begin bou aan ‘n nuwe meganiese
pyporrel vir die Anglikaanse kerk in Pretoria. |
|
|