Home  |  Nuus  |  Nuwe orrels  |  Restourasie  |  Te koop  |  CD's  |   Bladmuziek   |   Resensies
 



Geref.Gem.Clan-William
 

Omschijving

D.V einde 2020 hoop ons om ‘n nuwe orrel op te bou in die Geref.Gem. Clan-William.

Die orrel was enkele jare gelede deur ons gebou en te koop aangebied as “Prins” orrel, gelyktydig gebou met die “Prinses” orrel wat tans in Wartburg staan.

Omdat die Geref.Gem Clan-William die orrel gaan gebruik vir die begeleiding van Psalms was dit noodsakelik om die Pedaal selfstandig te maak, vandaar dat ons tans besig is met 2 pedaal-registers, wat ons maak van Oregon en Eikehout. Die onlangs gerestoureerde orrel in Heidelberg gebou deur Sauer, het pragtige pedaalregisters, ons maak die nuwe pype vir Clan-William dieselfde mensuur.

Die pype van die manuaal is historisch Nederlands, en die pedaalbord is historisch van Father Henry Willis uit Engeland, ons het dit volledig gerestoureer.

Ons sien uit om die orrel te voltooi in ons werkswinkel en daarna in Clan-William

 
Spesifikasie: Manuaal: C-1 tot f-54
  Prestant 8' diskant
Roerfluit 8'
Gamba 8' T.C
Oktaaf 4'
Kwint 2 2/3 T.C
Prinsipaal 2'
 
  Pedaal: C-1 tot f-30
  Bourdon 16'
Oopfluit 8'
 

Pedaalkoppel

Tremulant
 

  Orrelkas
  Eike
 
Foto's bou orrel

Webdesign Bert Romijn - Webmaster

© www.janelsenaar.com